Alexis Charles Henri Clérel, comte de Tocqueville (29 Julie 1805 – 16 April 1859),[1] in die omgang bekend as Tocqueville[1] was 'n Franse aristokraat, diplomaat, politieke wetenskaplike, politieke filosoof en historikus. Hy is veral bekend vir sy werke Democracy in America (verskyn in twee volumes, 1835 en 1840) en The Old Regime and the Revolution (1856). In beide het hy die lewenstandaarde en sosiale toestande van individue asook hul verhouding tot die mark en staat in Westerse samelewings ontleed. Democracy in America is gepubliseer ná Tocqueville se reise in die Verenigde State en word vandag beskou as 'n vroeë werk van sosiologie en politieke wetenskap.
Tocqueville was aktief in die Franse politiek, eers onder die Julie-monargie (1830–1848) en toe tydens die Tweede Republiek (1849–1851) wat die Februarie 1848-rewolusie opgevolg het. Hy het ná Louis Napoléon Bonaparte se staatsgreep op 2 Desember 1851 uit die politieke lewe getree en daarna begin werk aan The Old Regime and the Revolution.[2] Tocqueville het aangevoer die belangrikheid van die Franse Revolusie was om voort te gaan met die proses van modernisering en sentralisering van die Franse staat wat onder koning Lodewyk XIV van Frankryk begin het. Hy het geglo dat die mislukking van die Rewolusie gekom het van die onervarenheid van die afgevaardigdes wat te verbind was om Verligtingsideale te abstrak te intreperteer.
Tocqueville was 'n klassieke liberalis wat parlementêre regering voorgestaan het en skepties was oor die uiterstes van demokrasie.[2] Gedurende sy tyd in die parlement was hy 'n lid van die sentrum-linkse,[3] maar die komplekse en rustelose aard van sy liberalisme het gelei tot kontrasterende interpretasies en bewonderaars oor die politieke spektrum.[4][5][6][7]
The "liberal" label is not misplaced, because Tocqueville described himself as a liberal.